Turbo Jet

Die Turbo Jet is ‘n veelsydige en akkurate druklug-toediener vir die uitmeet en plasing van die meeste soorte fyn saad, insluitende kanola, lusern en tef. Dis beskikbaar met agt of tien uitlate en met VS-2 of i-Con kontrolestelsels.

Die VS-2 is ideaal vir die vestiging of vernuwing van weiding of om laekoste-dekgewasse te vestig terwyl die GPS-gebaseerde i-Con stelsel die haarfyn plasing van saad in ‘n presisieboerdery-opset verseker.

Turbo Jets kan saad teen ‘n lae tempo (onder 2 kg/ha) én teen ‘n hoë tempo (40+ kg/ha) saai, maar kan ook aangepas word om slakpille toe te dien voor of na daar gesaai is. Dit kan ook korrelmateriaal soos kunsmis en onkruiddoders  hanteer. Rollers vir beide fyn saad en grassaad is standaard.  Alternatiewe toevoerrollers is beskikbaar  vir die plasing van mikro-korrels. 

Aandrywing geskied deur die 12V-kragbron van die trekvoertuig waaraan dit gekoppel is. Gegroefde toevoerrollers versprei die afgemete materiaal na die individuele lugbuise. Hoëkapasiteit waaiers sorg dat materiaal eweredig versprei word en die voermeganisme kan maklik aangepas word vir verskillende tipes saad en toedieningstempo’s. ‘n Verstelbare roerder verhoed dat saad die toevoerpype verstop.

Twee of drie Turbo Jets kan gekombineer word om byvoorbeeld saad, kunsmis en slakpille gelyktydig toe te dien. Net ‘n enkele kontrolestelsel is hiervoor nodig.

Hierdie veelsydige toedieners kan op ‘n magdom verskilende bewerkingsimplimente, insluitende tandêe van tot 6 m wyd, skoffels van 3 m wyd  en aaneengeskakelde bewerkingsimplemente van 8 m wyd en 20 m lank, gemonteer word. Turbo Jet werk ewe goed op beide opvoubare en rigiede implemente en kan maklik tot so ver as 30 m van  die kragbron funksioneer. Hulle kan aangepas word vir saaiwerk of bankplasing en die agt of tien uitlate kan met Y-koppelings verdubbel word tot sestien of twintig. Die uitlate kan ook individueel afgeskerm word vir gebruik tydens bandplasing met ‘n diepploeg.

Die posisie van die Turbo Jet(s) op die implement asook die individuele toevoerpype kan aangepas word volgens die tipe saad, of die implement rigied of opvoubaar is, en die lengte en breedte van die implement.

Bakke van 240 liter is standaard en 400-liter-bakke is ook beskikbaar.

VS-2 of ten volle gerekenariseerde i-Con-stelsel (GPS)

5 m saamgevoegde kragleiding en verbindingskabel van 6 meter

Dubbele waaiers vir optimale lugvloei

Elektries aangedrewe bakroerder om te verhoed dat grassaad verstop

Groot waterdigte en halfdeursigtige bakke

Y-koppelings om uitlate te verdubbel

Steunrollers en lugstoppers om uitlate te verminder

Buigsame buise en klampe

Afsonderlike fynsaadrollers vir akkurate plasing.

Hoëuitset-grasrollers vir saaiwerk teen ’n hoë tempo

Produkboekies: Klik HIER om ‘n Turbo Jet boekie in volkleur af te laai.

Ons ander produkte: Klik op ‘n skakel regs vir volledige besonderhede oor ons ander meganisasieprodukte: • FAN JET • MICRO METER  • ROTOR METER